DIE foto van die verbrande hondjie in die Paarl Post van 27 Augustus wys die barbaarse onmenslikheid van mense in gemeenskappe dwars oor ons land, wat geen respek of gevoel vir enige vorm van lewe het nie.
Mahatma Gandhi het gesê: “A nation is known by the way it treats its animals”. Suid-Afrikaners in die algemeen het nog ’n ver pad om te loop.Wat van ’n leerskool om mense te leer hoe om met diere te werk en hulle te behandel? Geskok en hartseer, Paarl