Prys vir Paarlse afslaer
2005-08-25
DIE nasionale veilingorganisasie, Auction Alliance, het ‘n kompetisie uitgeskryf tussen al sy takke landwyd om te bepaal wie die meeste kommissie-inkomste verdien het vanaf 1 Januarie tot 30 Junie, wanneer die finansiële jaar sluit.
Die kompetisie is gewen deur Willie van Rensburg, direkteur van die Bolandstreek. Die eerste prys is ‘n vakansie vir twee na Buenos Aires en Rio de Janeiro.
Die tweede en derde pryse is gewen deur twee besigheidsbestuurders van die Johannesburg-tak. Die tweede prys is ‘n vakansie na Zanzibar en die derde prys ‘n vakansie na Sun City.
Willie is baie dankbaar teenoor sy lojale kliënte wat dit vir hom moontlik gemaak het om die gesogte prys te wen. Hy skryf sy sukses toe aan harde werk, toewyding aan sy kliënte - kopers en verkopers - asook ‘n passie vir mense.
Auction Alliance het onlangs die Internasionale kompetisie vir Bemarking gewen. Ongeveer duisend inskrywings węreldwyd is ontvang vir die kompetisie. Die prystoekennings is onlangs in Amerika gedoen.
More
News
|