MET hierdie skrywe wil ek graag die publiek en spesifiek personeel van besighede van Wellington waarsku teen die diefstal-euwel. Ongeag die “sekuriteitstelsel” in die Wellington-sentrum, Kerkstraat, is my beursie met alles daarin en ’n koevert met kontant op Woensdag 17 September rondom 12:00 uit my kantoor gesteel.
Wie die dief is weet ek nie, maar wat ek wil vra, moet niemand vertrou nie. Diewe kom voor met die mooiste glimlag, die pragtigste aangetrek.
Graag wil ek vriendelik die dief versoek wat my eiendom geneem het, om dit terug te besorg.
Jy kan dit enige plek gaan afgee, laat my net weet. Jy weet mos waar jy dit geneem het, kom sit sommer net ’n nota op ons deur.
Jy het my besteel, maar het jy geweet jy ontneem jou eie geluk.
Onthou jy het miskien hierdie keer weggekom, maar daar gaan ’n dag kom wat jy uitgevang gaan word.