HIERMEE wil ek net simpatiseer met Howard Arendse en Lood Terblanche (Paarl Post 17 September) met hul klagtes oor swak dienslewering.
Gedurende die afgelope week was ek by ’n parkeerplek in die middedorp van die Paarl op twee geleenthede en beide kere het ’n persoon my genader.
Toe ek hom groet het hy rond gekyk, ’n ketting uit sy sak gehaal en so onderlangs aan my getoon en gevra of ek dit wil koop.
Onnosel wat ek was, moes ek nie eens gegroet het nie, want ek het al geleer dat sodra ek sekere mense groet, dan begin hulle te bedel of so iets te doen.
By een geleentheid was daar twee pare manspersone in uniform en toe ek hulle nader, het hulle net gesê hulle wil nie betrokke raak nie. Geen oor om te luister nie.
So, alle inwoners van Paarl en omliggende dorpe, pasop vir die gebied, daar is skelms wat daar rondbeweeg en ek glo gesteelde voorraad verkoop.
Ek wou die polisie gevra het om ook hierdie gebied dop te hou, maar ná jul twee se briewe het ek besluit hulle sal niks doen nie.
G.I.F. Appel