Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Uitblinker olyfolies

Uitblinker olyfolies
 
2009-09-23


’n TIENTAL ekstra suiwer olyfolies is as Suid-Afrika se uitblinkers van die huidige oesjaar aangewys tydens die SA Olyftoekennings.

In die kommersiële klas is die vier top-presteerders met een goue toekenning elk op hul kerfstok: Kloovenburg, Olyfberg, Morgenster en Rio Largo.

Die presteerders in die boetiekklas is Green & Gold, The Lady Olive, Saint Sebastian Bay, Muiskraal, Olyven Houdt en Water-fall River.

Inskrywings is blind deur die amptelike SA Olive proepaneel volgens vooraf-neergeledge kriteria ten opsigte van styl – delikaat, medium en intens – beoordeel.

Annalene du Toit van Kloovenburg Landgoed is aangewys as die 2009 ABSA Olyf Presteerder van die Jaar vir haar besonderse passie vir en bydrae tot die groei van die bedryf.

Annalene, ’n gedrewe entrepreneur en gekwalifiseerde olyfolie proepaneelleier, is onlangs aangewys as die Sanlam/Landbouweekblad Vroue Entrepreneur in Landbou vir 2008/09.

Sedert 2000 het sy haar besigheid sodanig uitgebrei dat sy vandag met meer as 40 olyfproduklyne spog, ’n hele aantal toekennings hiervoor ontvang het en selfs ’n kosmetiese produkreeks ontwikkel het met olyfolie as basis. Hierdie produkte word na Nederland, Duitsland en Mauritius uitgevoer.

Sy het ook ’n belangrike bydrae gelewer in die vestiging van die Riebeek Vallei as gewilde olyfbestemming.




More News
  • Manager did much good work
  • Zandwyk Park goes ahead
  • Rare wines hold their own at auction
  • Multiple awards for Grande Provence
  • Grondkundige kragte saamgespan
  • Fairtrade vloei suiwer by Bosmans
  • Sweet success for Nederburg
  • “TERROIRIST” at Nederburg Auction
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za