Die Wellingtonse fees vind plaas in Kerkstraat op Vrydagaand 27 November. Die Paarlse Liggiesfees is in Lady Greystraat vanaf 4 tot 5 Desember. Op 11 Desember is die fees in Saron en op 12 Desember in Gouda. Stalletjies kan bespreek word by Ganief Dulvie by 021-872-5292 (kantoorure) of 082-226-9307 of stuur ’n faks na 021-872-5292 (na-ure faks 021-862-9924).
Oudisies vir Paarl en Wellington vind plaas op 16 Oktober en vir Saron en Gouda op 23 Oktober. Skakel 021-872-4842 vir Paarl en Wellington oudisies en 021-873-4604 vir Saron en Gouda oudisies.