Saak teen raadslid teruggetrek
2009-09-23
DIE hofsaak teen die Franschhoekse raadslid wat dien as Speaker van die Stellenbosse stadsraad, Gordon Pheiffer, is verlede week in die Paarlse Streekhof van die rol geskrap. Die Departement van Openbare Vervolging (DOV) het opdrag gegee dat die aanklagte van diefstal en bedrog teen Pheiffer teruggetrek moet word. Die aanklag het gespruit uit die beweerde diefstal van R21 000 op 12 Oktober 2006, nadat dié geld, wat vir instandhouding van die gemeenskapsaal in Groendal bedoel was, na bewering in Pheiffer se sak beland het. Die verfwerk het glo R10 000 gekos, maar die kwotasie waarvoor betaal is, was vir R31 000, en Pheiffer is daarvan beskuldig dat hy glo aan die verwer gesê het om die verskil aan hom te betaal.
More
News
|