Onderwyser beseer
2009-09-23
Lise Beyers
地 ONDERWYSER van Paulus Joubert Sekond靡 is ernstig beseer in 地 ongeluk in Dutoitskloof-pas. Ruben Simonse, 地 wiskunde- en wetenskaponderwyser, het Sondagaand om 23:00 beheer oor sy voertuig verloor toe hy in die rigting van die Paarl gery het. Die motor het 地 reling teen die bergwand getref en dit het deur die voorruit gedring. Simonse is hierdeur getref en het ernstige kop- en gesigsbeserings opgedoen. Hy en sy vroulike passasier is vir 地 geruime tyd lank vasgepen in die motor en die dak hiervan moes oopgesny word om vir hulle te bevry. Sy passasier is sonder enige beserings uit die voertuig gehaal, maar is na die Paarl Hospitaal geneem deur die polisie vir observasie Weens die ernstige aard van Simonse se beserings, is hy na die N1 City Hospitaal in Kaapstad geneem vir behandeling. Hy is Maandag geopereer om sy gesig te herstel. * A local teacher was seriously injured in a crash.
More
News
|