Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Wilde Weste skietery

Wilde Weste skietery
 
2009-09-23


NEGE skote. Dit is wat dit geneem het om ’n voertuig vol vermeende voortvlugtige dwelmsmouse te stuit.

’n Jaagtog wat herinner aan die Wilde Weste het laat Vrydagmiddag plaasgevind, nadat ’n polisiebeampte ’n verdagte in Wellington-Noord opgelet het vir wie daar ’n uitstaande lasbrief was.

Hy het vir Ernest Rossouw beveel om polisiestasie toe te gaan, maar Rossouw het ’n vuurwapen op hom gerig voordat hy in sy wit BMW weggejaag het.

Die polisie het die voortvlugtige agternagesit en versterkings is ingeroep.

’n Woeste jaagtog het ontstaan deur die strate van Wellington wat na Vanwyksvlei gelei het en vandaar na Jan van Riebeeckrylaan.

Die polisie het daarin geslaag om vir Rossouw en sy makkers oorkant die Champagne-begraafplaas af te trek. Maar toe die polisie hulle nader en beveel om uit die voertuig te klim, het Rossouw weer probeer vlug.

Dié keer het die polisie voet neergesit en in ware Bheki Cele-styl verskeie skote op die motor geskiet. Tydens die skermutseling is Rossouw in die enkel getref.

Hy sterk tans aan in die Paarl Hospitaal. Sy passasiers, Junide Karrime, Roberto Davids en Edwin Manuel, het vandeesweek in die Wellingtonse Landdroshof verskyn op aanklag van die rig van ’n vuurwapen en roekelose bestuur.

Volgens ’n polisiewoordvoerder het die vier mans al vantevore met die gereg gebots. Hulle is na bewering bekend in Wellington se middernagtelike dwelmbedryf.

* A Wild West chase between police and four fugitives resulted in a shoot-out in Wellington on Friday.




More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za