DIE Christian Youth Movement van die VGK Wellington- Vanwyksvlei hou hul jaarlikse jeugweek vanaf 28 September tot 4 Oktober met dienste elke aand om 19:00 by die kerk te Scholtzlaan (Sondag 3 Oktober is die dienste 10:00 en 17:00). Die tema is “Facing your Giants”.
Jongmense kom te staan teen geweldige reuse soos sosiale agteruitgang, armoede, werkloosheid, dwelms en nog meer. Tydens die jeugweek word daar gefokus op die antwoord. Die spreker is pastoor Eben Mouries. Vir navrae, kontak Claud Julies by 079-084-8191.