Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Veiling ten bate van Rusoord

Veiling ten bate van Rusoord
 
2009-09-23


OP Dinsdagaand 27 Oktober hou Fees Idees ’n veiling ten bate van Rusoord-tehuis vir bejaardes in die Paarl.

Ingrid Wolfaardt, ’n bekende Paarlse persoonlikheid, sal die afslaer wees van ’n wye verskeidenheid van kuns, wyn, klere en alles wat mooi is.

Die veiling sal plaasvind by Simondium Country Lodge wat geleë is op die R45 tussen Paarl en Franschhoek.

Die meer as 60 spesialiteitsuitstallers wat by die Fees Idees Skou uitstal by die Lodge tussen 28 Oktober en 1 November, sal elkeen ’n item skenk wat opgeveil gaan word.

Die veiling begin om 19:00 by Simondium Country Lodge, en toegang is gratis. Kontak Wilna Rabe by 021-874-1046.

Rusoord hou ook op 31 Oktober hul jaarlikse basaar. Die gemeenskap word gevra om Rusoord met donasies te ondersteun. Kontak 021-872-1892.




More News
  • Natural burials arrive in South Africa
  • Lofprysing Oppiberg
  • Bonsai Kai vergader
  • Benefit concert
  • Have a lazy day braai
  • Staan op in moeilike tye
  • Boeresport by fondsinsamelingsdag
  • Local schools shine in debate
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za