OP Vrydagoggend 2 Oktober word ’n spesiale markdag by Huis Vergenoegd in die Paarl aangebied waar interessante ware en verskeie produkte te koop sal wees.
Dit word aangebied ter viering van die Week vir Bejaardes.
* ’n Besigtigingstoer van Huis Vergenoegd word ook op Dinsdag 29 September aangebied as deel van hul ope dag tussen 10:00 en 15:00.
Woonstelle kan besigtig word en die werksaamhede van Huis Vergenoegd kan beleef word.
Vir navrae, kontak 021-870-3426 of epos hvg5@lando.co.za.