Rugby-flitse
2009-09-23
BOLAND PAK LEEUS
Die Boland Kavaliers meet Saterdag kragte teen die Leeus in Johannesburg om 15:00.
STREEK HOU SEWESTOERNOOI
Die Paarlstreek bied op Saterdag 3 Oktober ’n sewes-rugbytoernooi aan te Daljosafat-sportgronde. Die dag sal opgedra word vir die behoud van die De Kraal sportgronde en die erkenning van die ‘Kraal’ as deel van die Paarl sportgemeenskap se erfenis. Al veertien Paarl-klubs, asook Mbekweni United en Klapmuts (Blue Stars), het aangedui dat hulle deel gaan neem aan dié toernooi, wat ook junior rugby sal insluit. Alle opbrengste van die dag gaan aan die Rusthof-ouetehuis geskenk word. Vir navrae of bydrae, kontak Kevin Benjamin by 082-731-4897.
SUPERSTARS WEN SONE B
In die finaal van die Wellington Sone B-liga het die tweede rugbyspan van Superstars met 21-18 afgereken met Evergreens B van Wellington op die OKB-velde, om die liga in ekstra tyd te beklink. Drieë vir Superstars is gedruk deur Julie Jacobs en Leon Booysen. Booi van Niekerk het een doelskop en ’n strafdoel behaal. Waylin Jacobs het ook met ’n strafdoel geslaag terwyl Morgan Thomas ’n skepdoel oorgeklits het. Evergreens het twee drieë aangeteken, waarvan een verdoel is. Hulle het ook twee strafdoele behaal.<
PAARL RUGBYKLUB VERGADER
Die Paarl Rugby- en Sportklub hou sy algemene jaarvergadering op 8 Oktober 2009 by die klubhuis in Markstraat om 18:00. Alle lede is welkom.
OU APOSTOLIESE KERK HOU DERBY
Die Ou Apostoliese Kerk bied vandag derbywedstryde aan op Gardenspark. Evergreens (Huguenot) en Hills United (Groenheuwel) sal mekaar die stryd aansê. Wedstryde begin 10:00 met die hoofwedstryd 15:00.
More
News
|