Windmeul hou sportdag
2009-09-23
WINDMEUL UNITED hou Saterdag ’n gemeenskapsportdag te Windmeul Primêre Skool. Die atletiek skop 10:00 af met die kleuters, gevolg deur die juniors en seniors (lepel en eier, sakresies, aflosse, gare deur naald, naellope, aflosse). Dit word gevolg deur toutrek, netbal en rugby (juniors, Ou Krokke teen VGK Kerkraad, vrouespanne). In die hoofwedstryd sal die veterane Windmeul se eerste span pak). Plaaslike gemeenskapspanne of individue, kan inskryf vir dié sportdag wat ook pryse op die spel het. Toegang is R5 (R3 vir kinders).
More
News
|