Stoeiers presteer
2009-09-23
STOEIERS van Paarl Stoeiklub het die afgelope naweek aan die SA Streek-stoeikampioenskappe in Bellville deelgeneem. Medaljes is verower deur Breyten Maritz (silwer, o.10, o/39kg), Stephan Lombaard (silwer, o.10, o/42kg), Wian van Zyl (silwer; o.11; o.42kg); Michael de la Porte (silwer; o.15; o/76kg) en Bernard Swart (silwer, o.11; o/50kg). Jacobus Joubert (4de plek o.13, o/42kg) en Christoffer Bosman (4de; o.15; o/50kg) het ook goed vertoon. Die SA Jeugkampioenskappe vind op 2 en 3 Oktober in Bellville plaas.
More
News
|