Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Bekendstelling van nuwe CD

Bekendstelling van nuwe CD
 
2009-09-23


SEWE jong kunstenaars uit die Boland is gekies om deel te wees van die loodsing van ’n nuwe CD deur die bekende Paarlse sanger en omroeper Ameen Levy (ook bekend as die Rappin’ Donkie) en Ronnie Apollis van Worcester.

Dié twee kunstenaars het besluit om ná die groot sukses van hul liedjie “Kantienstraat” ’n nuwe CD vry te stel.

Die CD Brass Vannie Boland word op Woensdag 28 Oktober om 19:30 in die Hugenote-gemeenskapsaal bekend gestel.

Levy en Apollis het besluit om sewe jong kunstenaars te kies om die spoggeleentheid net nog meer spesiaal te maak.

Ná talle oudisies is Nadia Herbst, Lionel Claasen, Maritz van Romberg, Cindy Lee Dyers, Chelsea Wilson, Spencer Engelbrecht en Chevonne Williams gekies om op te tree.

Grant Johnson tree op as seremoniemeester en Johnnie Star van Malmesbury is die gaskunstenaar.

Kaartjies word slegs in pare verkoop en elke paar kry een gratis CD.

Kaartjies kan bespreek word by Rappin Donkie by 083-398-7718 of by Ronnie Apollis by 083-556-8510 of stuur ’n epos na rappindonkey@yahoo.com of ronapollis@polka.co.za.




More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za