Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Regverdigheid seëvier vir Bradwin

Regverdigheid seëvier vir Bradwin
 
2009-09-23


NÁ ’n omstrede voorval by die Suid-Afrikaanse Fietsry-baankampioenskappe in April vanjaar, het Fietsry Suid-Afrika uiteindelik tot hul sinne gekom toe hulle onlangs Bradwin Daniels se medalje en SA o.16 kleure aan hom toegeken het.

“Ek is baie verheug oor dié besluit, maar het nooit getwyfel oor my onskuld nie,” was die jong fietsryer van All 4 Security se reaksie op dié besluit.

Bradwin was tydens die SA baankampioenskappe betrokke in ’n val-voorval in die 80-ronde puntewedren (o.16-afdeling), waartydens hy veronderstel was om ’n silwer medalje te ontvang.

Hoewel hy nie aanvanklik ’n medalje toegeken is nie, is sy onskuld later bewys deur middel van ’n video-opname van die wedren.

Bradwin se pa, Peter Daniels (bestuurslid van Fietsry SA en nasionale keurder), het sy blydskap oor die besluit uitgespreek.

“As pa van Bradwin, voel ek regverdigheid het geseëvier.”

Ná ’n klipharde rugbyseisoen waarin Bradwin ook as senter en vleuel vir die plaaslike rugbyklub, Young Standards, se o.16-span uitgedraf het, sien hy baie uit na die komende fietsry-seisoen.

“Die nuwe seisoen gaan egter baie taai wees aangesien die kompetisie baie straf gaan wees in my afdeling,” sê Bradwin.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za