Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Blou golf slaan toe

Blou golf slaan toe
 
2009-09-23

Jaco van Wyk

DIE blou golf het Saterdag die Boland dubbel en dwars getref.

Dit is egter nie alleenlik gerig op die 72-16 slagting wat die Boland Kavaliers op hul tuisveld beleef het nie.

Dit is altyd lekker om ’n magdom toeskouers by enige wedstryd te sien. Maar hoekom is daar so baie Blou Bul-ondersteuners in die Boland?

Ja, die tuisspan het alweer lelik deurgeloop, maar met die rustydtelling 22-16 in die guns van die Bulle, wou dit voorkom of die Kavaliers miskien nog kon verras.

Met ’n paviljoen vol blou vlae, moes die besoekers sweerlik gedurende die tweede helfte gevoel het of hulle dié wedstryd op ’n verkleinde weergawe van Loftus Versfeld speel.

Nét toe ’n optimistiese Boland-ondersteuner, ná veertig minute se spel, opgewonde kwytraak dat sy Kavaliers nóóit durf afgeskryf mag word nie, het Boland se nagmerrie in alle erns begin - en ’n hele aantal toeskouers, natuurlik trotseBloubul-ondersteuners (of dalk afvallige Boland-ondersteuners?), het dié aanslag luidkeels geniet.

Die opgewondenheid onder dié toeskouers is seker te verstane, aangesien nie eers die Kavaliers se verwoede skrumwerk Saterdag goed genoeg was om tien drieë deur die besoekers te voorkom nie.

In dié afdeling van die spel was Boland se sterk voorryman, Janro van Niekerk, selfs gaaf genoeg om sy direkte teenstander van die Bulle, Werner Kruger, die middag vroeg af te gee, toe hy hom ná slegs sewentien minute se spel terug kleedkamer toe gestuur het met ’n ribbesering.

Die Wynboere kan egter skrum so sterk as wat hulle wil, en in die lynstane kan hulle kompeteer so goed soos hulle wil. Feit bly staan dat geen span iets kan uitrig sonder enige balbesit nie.

Nietemin het manne soos Hayden Groepes (heelagter) en Marnus Hugo (skrumskakel) steeds enduit probeer, ongeag wat op die telbord gestaan het.

Nico Esterhuyse en Danré Gerber was met onderskeidelik ’n drie en drie strafdoele die puntemakers van die tuisspan in die eerste helfte.

Die Bulle verdien egter krediet vir die manier waarop hulle die tuisspan uitmekaar gehaal het in die laaste veertig minute, en dit na ’n wisselvallige seisoen agter die rug sover.

Die besoekers se groot uitblinkers was Dewald Potgieter, Gurthro Steenkamp, Francois Hougaard en Derick Kuun.

Kuun, wat sy verskyning op die speelveld eers in die tweede helfte gemaak het, het beïndruk deur drie keer agter die pale te gaan kuier.

) Intussen het die Boland Kavaliers nóg versterkings vanaf die Westelike Provinsie gekry vir Saterdag se Curriebeker-wedstryd teen die Leeus in Johannesburg (afskop om 15:00).

Terwyl die belowende PJ Vermeulen sy terugkeer maak in die nommer dertien-trui, sal die Springok-speler, Hilton Lobberts, sy debuut vir die Wynboere as toekantflank maak.

In die voorry skuif Janro van Niekerk na vaskop, met Micheal de Neuilly-Rice wat op loskop sal sak en Schalk Ferreira wat as haker sal diens doen. Die span is: Hayden Groepes, Deon Scholtz, PJ Vermeulen, Danré Gerber, Wendal Wehr, Elgar Watts, Marnus Hugo, Alwyn Bester, Hilton Lobberts, David Hendricks, Rito Hlungwane (k), George Earl, Janro van Niekerk, Schalk Ferreira, Micheal de Neuilly-Rice.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za