Rangers lyk goed
2005-08-25
DIE opmars van Paarl Rangers Rugbyklub in die twee ronde van die WP se Divisie 3 kompetisie het Saterdag voortgegaan toe hulle vir Langa 22-20 geklop het.
Die wedstryd was gekenmerk deur goeie hardlooprugby deur beide spanne.
Eugene Stevens, Adrian Dombas en Norman Kermis het drieë gedruk en Gabba Jones was suksesvol met 'n strafskop en twee doelskoppe.
Saterdag speel Rangers tuis teen Windmeul op Daljosafat Stadion.
More
News
|