Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Tuimelgimnaste verower medaljes

Tuimelgimnaste verower medaljes
 
2009-09-23


TYDENS die afgelope Wes-Kaap tuimelproewe te De Doorns, het gimnaste van die Wellington Tuimelklub medaljes verower vir Boland.

Medalje-wenners was Lize Kemp (silwer), Staycey Paulse (silwer), Christen Hanekom (goud), Jaymian Steyn (brons), Lize-Mari Sills (goud) en Jaco Beukes (goud).

Lize-Mari, Jaco en Stacey is ook gekies om Boland in die SA-kompetisie op 25 en 26 September in Pretoria te verteenwoordig.

Lize en Christen het ook Boland by die Suid-Kaap Sone, die hoogste SA kompetisie in hul afdelings, op 8 September verteenwoordig. Beide gimnaste het goud gewen.

Lize (9de), Leander Engelbrecht (5de), Jaco (silwer), Jaymian (silwer), Anandi Palvie (silwer), Lize-Mari (brons) en Stacey (brons) het ook Boland in die Wes-Kaap Mini-trampolienproewe te Bellville verteenwoordig.

Leander, Jaco, Jaymian, Anandi, Lize-Mari en Stacey is gekies om Boland by die SA-kompetisie op 29 September, in Pretoria, te verteenwoordig. Stacey, Lize-Mari en Jaco is die atlete wat vanjaar Bolandkleure in twee dissiplines - tuimel en mini-trampolien - behaal het.




More News
  • Gasheer vir stoei
  • Show-jumping inter-schools at Evergreen
  • Met 'n groot glimlag vorentoe
  • Wiese uit sy nate oor oorsese toer
  • Boishaai gesels saam met grotes
  • Paarl Juniors hit five
  • Sixteen teams in soccer tournament
  • Alexa skrik nie vir 300 doele nie
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za