’n ONTBYT vir dames wat oor hul lewe nadink, word Vrydag 16 Oktober om 08:30 deur Arbeidsbediening aangebied op die Picardie gasteplaas in Suider-Paarl. Motiveringspreker Leanne Slabber sal praat oor “Walk by Faith”.
Die opbrengs is ten bate van geestelike bediening by plaaslike ondernemings. Kaartjies (R75 per persoon) is verkrygbaar by Emmerencia Smit, tel 021-874-1731 of 083-250-5318.