’n KURSUS in teken- en waterverfwerk word in die Paarl aangebied van 10 Oktober tot 14 November elke Saterdagoggend (09:00 tot 11:30) in die Jack Meyer Kunssentrum. Die tekenkursus word deur kunsonderwyseres Marieke Kruger aangebied en sluit in basiese teken met potlood, en ’n inleiding tot waterverftegnieke.
Die tema is botaniese sketse vanaf die werklike – ’n spesifieke blomsoort asook sade en ander belangrike dele van die blom sal as onderwerp dien. Die kursus is R360 vir lede van die Kunsvereniging Stellenbosch en R420 vir nie-lede. Aansoeke kan per e-pos aan kunsartstel@sun.ac.za of telefonies aan Reza by 021-808-3668 gerig word voor 5 Oktober (’n deposito van R50 word verlang). Om in aanmerking te kom vir ’n borgskap, skakel Hettie de Klerk by 082-447-2214 teen Maandag 5 Oktober.