Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Channing skuldig bevind

Channing skuldig bevind
 
2009-10-01


DIE oud-Paarliet wat sewe jaar gelede voor bedrogklagtes land-uit gevlug het, is onlangs in Hentiesbaai aangekeer vir bedrog.

Sean Channing (29), wat beskryf word as ’n “pierewaaier” in Hentiesbaai en glo ’n weelderige 4x4 voertuig (’n Hummer) ry, is in die landdroshof op Swakopmund skuldig bevind aan versekeringsbedrog van 15 870 Namibiese dollar.

Hy het skuld beken op ’n klag dat hy ’n valse verklaring afgelê het oor ’n diefstal uit sy huis van ’n skootrekenaar, selfoon en videospeler ter waarde van N$15 780, volgens Die Republikein.

Hy het glo saamgespan met ’n polisievrou en nog ’n getuie en aan hulle ’n deel van die versekeringsgeld uitbetaal.

Hy moet in aanhouding bly tot vonnisoplegging omdat nog ’n versekeringsbedrogsaak glo teen hom ondersoek word.

Channing se kronkelpaaie het in 2001 al die nuusblaaie gehaal terwyl hy in Lemoenkloof in die Paarl gebly het en na bewering meer as veertig mense bedrieg het deur ’n piramideskema.

Nadat hy vroeg in 2002 in die Boland gesekwestreer is, het hy na Namibië spore gemaak en hom op Otjiwarongo gevestig.

Sonder werk het hy hom uitgegee as versekeringsagent, maar omdat hy bankrot verklaar is, was dié werk van hom onwettig. Die beleggings wat hy wederregtelik gemaak het, was glo ten bedrae van R1,5 miljoen.

Beperkte bewyse het die landdros genoop om dié saak voorlopig van die hofrol te skrap.

Daarna, in 2006, het bedrogklagtes weer aan die lig gekom, sowel as een van verkragting van ’n tienjarige seun. Hierdie sake het meer as ’n jaar gesloer, en is later van die rol verwyder.

* A former Paarlite has been convicted of fraud in Namibia.




More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za