Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Lekker bederf tydens Nasionale Week vir Bejaardes

Lekker bederf tydens Nasionale Week vir Bejaardes
 
2009-10-01


AS deel van die Nasionale week vir Bejaardes bied Huis Vergenoegd verskeie aktiwiteite in die Paarl aan.

Maandag is die verswakte inwoners van die Verpleegsorgsentrum op ’n pretrit-uitstappie rondom Paarlberg geneem.

Vandag hou hulle konsert om 10:00 en weer om 15:00. Die toneelstuk genaamd, Kreatief is geskryf deur ’n inwoner van Huis Vergenoegd, Ellen du Toit, en die inwoners van Huis Vergenoegd vertolk die rolle.

Môre bied hulle ’n spesiale markdag waar lekker produkte te koop aangebied word aan die publiek. Daar sal ook skons en tee aangebied word in die Welgegund eetkamer vir R5 per persoon.

Saterdag word die verswakte inwoners deur die Toringkerk se vrywilligers bederf met ’n boere-ontbyt, en later die middag word ’n gratis DVD-vertoning in die C-blok Kapel aangebied.

Die week word afgesluit op Sondag met ’n spesiale erediens in die C-blok Kapel waartydens die bejaardes gehuldig word vir hul rol in die gemeenskap. Almal word gevra om outydse hoede te dra om fleur aan die diens te lewer.




More News
  • Natural burials arrive in South Africa
  • Lofprysing Oppiberg
  • Bonsai Kai vergader
  • Benefit concert
  • Have a lazy day braai
  • Staan op in moeilike tye
  • Boeresport by fondsinsamelingsdag
  • Local schools shine in debate
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za