Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Oud-polisieman help dief vang

Oud-polisieman help dief vang
 
2009-10-01


OUD-POLISIEMAN Piet Koen doen dit toe weer. Verlede Sondag het ’n dief met lang vingers sy rieme styfgeloop toe hy by Piet se huis in Noorder-Paarl iets gegaps het.

“My bloed het gekook toe ek ’n onbekende man in my werf gewaar. Ek het hom probeer vang, maar toe gooi hy my met my seun se visstok wat hy so pas gevat het.

“My polisie-instink het weer ingeskop en daar en dan besluit ek dat ek hom gaan vang. Ek het dadelik die polisie gebel en hulle was bitter gou op die toneel.

“Die publiek kla maklik oor hoe oneffektief die polisie is, maar ek kan getuig dat daar Sondag binne minute drie voertuie op die toneel was.

“Ek het die verdagte weer in Jenniferstraat opgemerk met ’n sak goed wat hy nie vroeër by hom gehad het nie. Hy het die sak goed neergegooi en laat spaander.

“Ek het later vir sersant Pietie Booysen van die Honde-eenheid, wat vroeër jare saam met my gewerk het, vertel van ’n leë huis in Jenniferstraat.

“Die Polisie het die woning omsingel en die verdagte is opgespoor en geïdentifiseer. Ek het toe sy sak in die polisie se teenwoordigheid deursoek en op elektriese skawe, ’n saagmasjien, gereedskap en viskatrol afgekom.

“Ons kan nie genoeg dankie sê vir ons polisie nie. Mense moet net meer oplet en veral kyk na die dromgrawers. Baie van hulle soek kamstig kos in die dromme maar eintlik hou hulle net die omgewing dop en kyk waar hulle kan inbreek,” meen Piet.

* A former policeman has helped police to nab a thief near his home.




More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za