Groot skade
2009-10-01
DIT het byna twee dae geduur om die ou akkerboom wat Sondagoggend die toekomstige kantore van die Demokratiese Alliansie (DA) te Malherbestraat 18 byna te pletter geval het, op te saag en van die toneel te verwyder. Wilna Fourie, die eienaar van die gebou, vertel dat bure in Malherbestraat haar Sondag gebel het en van die skade vertel het. Die boom het met wortels en al omgeval ná die swaar reënval heeldag Saterdag. Die gebou, wat nog tot onlangs verhuur is aan die New Beginnings Montessori kleuterskool, is erg beskadig. “Ons was besig om die kantore gereed te kry vir die DA wat eersdaags daar sou intrek. Ons wag nou vir die strukturele ingenieur om te bepaal wat die skade is. “Hoe gou ons met die herstelwerk kan begin hang dan af van die versekering. “Sover het ons goeie samewerking van die Munisipaliteit gekry. Ons sal beslis verder met hulle onderhandel om so gou moontlik ’n uitslag te kry,” sę sy. * An oak tree was uprooted after heavy rain over the weekend,.
More
News
|