Kavaliers verslind
2009-10-01
DIE Boland Kavaliers het Saterdag hul grootste loesing van die seisoen beleef toe hulle met 15-88 verniel is deur die Leeus in Johannesburg. Buiten ’n drie deur die Kavalier-agtsteman, Alwyn Bester, wat die besoekers vroeg in die wedstryd die voortou laat neem het, en ’n onderskep-drie deur die vleuel Deon Scholtz, was dit eenrigting-verkeer vir die tuisspan op Coca-Cola Park. Die Leeus het altesaam dertien drieë teen die Wynboere ingeryg. Die Kavalier-senter, Danré Gerber, het een doelskop en ’n strafdoel behaal. * Eerskomende Saterdag meet die Kavaliers kragte teen die Westelike Provinsie op Nuweland. Die wedstryd skop 15:00 af.
More
News
|