Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Nuwe rekord in Bainskloof Ultra-marathon

Nuwe rekord in Bainskloof Ultra-marathon
 
2009-10-01


DIE tweemalige Comrades goue medalje-wenner, Johan Oosthuizen, is nou ook die rekordhouer van die Bainskloof Ultra-marathon.

Die Ultra-marathon, wat vir die derde agtereenvolgende jaar aangebied is, het verlede Donderdag, op Erfenisdag, in Wellington weggespring.

Oosthuizen, ’n voormalige Brighton to London-kampioen, is een van Suid-Afrika se top langafstand-atlete en het vanjaar se Ultra-marathon (63,3km) in ’n tyd van 4:10:35 gewen.

Wellington se plaaslike atleet van Wellington Atletiekklub, Owen Smith, het die tweede plek behaal met ’n tyd van 4:45:07.

Danksy ideale weersomstandighede (koel met geen wind), was vanjaar se Ultra-marathon ’n reuse-sukses, met altesaam 78 deelnemers wat dié pragroete aangedurf het.

Met meer as 330 atlete wat ingeskryf het vir die Halfmarathon (21,1km), het Noel Molema van Mr Price die eerste plek behaal, met ’n tyd van 1:09:14.

Die eerste vrou was Helena Perold van Durbanville (1: 26:17).

En toe die tyd aanbreek vir die 10km pretdraf, kon nie eens die Bolandse reën die groot groep entoesiastiese deelnemers afskrik nie. Oud en jonk het deelgeneem en is vergoed met medaljes.

“As ’n goed-georganiseerde byeenkoms, met lewendige waterpunte, het dit vir my vergelyk met die beste wat ek nog gehardloop het,” het Oosthuizen tydens die prysoorhandigings gesê.

Oosthuizen het bygevoeg dat hy veral beïndruk was met die pragtige natuurskoon eie aan Wellington.

Volgens die organiseerders sal vanjaar se suksesverhaal in 2010 selfs nóg ’n groter geleentheid wees.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za