Sewestoernooi op Daljosafat-stadion
2009-10-01
DIE Paarl Rugbystreek bied Saterdag (3 Oktober) ’n sewe-aan-’n-kant toernooi aan op die Daljosafat-sportgronde. Al die Paarl-klubs wat hul rugby onder die vaandal van die WPRFU speel, het ingestem om te deel in die dag asook ’n span van Mbekweni en Blue Stars van Klapmuts. Die hoofdoel van die toernooi is vir die behoud van De Kraal Sportgronde en ter erkenning van die historiese veld as deel van die sportgemeenskap se erfenis. Feitlik alle Paarl rugbylegendes het hul rugby-loopbane by De Kraal begin. Die gevoel is dat De Kraal, met sy ryke geskiedenis, nie verlore moet gaan nie. Drie juniorspanne van die deelnemende klubs sal die oggend vanaf 09:00 hul talente ten toon stel. Die afrigter van die Springbok sewesspan, Paul Treu, asook van die huidige SA sewesspelers sal moontlik ’n besoek kom aflê. Springbok-afrigter Peter de Villiers, een van die grootste Paarl rugbylegendes wat sy rugbyloopbaan as speler begin en geëindig het op die Kraal, sal ook kom inloer. As deel van die Paarlse rugbyklubs se gemeenskapsbetrokkenheid, sal alle inkomste van die dag aan die Rusthof-outehuis geskenk word. Senior wedstryde begin 13:00: (13:00) Young Gardens vs Mbekweni United; (13:20) Laer Paarl vs Violets; (13:40) Windmeul United vs Riverstones; (14:00) Allandale vs Paarl Rugbyklub; (14:20) Rangers vs Vineyards; (14:40) Young Peoples vs Blue Stars; (15:00) Simondium vs Young Standards; (15:20) Pêrel United vs Albions * Spanne wat hul eerste rondewedstryde wen, dring deur na die beker-kwarteindronde. Verloorders dring deur na die plaat-kwarteindrondes. Enige persoon is welkom om ’n klub of speler te borg. Vir navrae, kontak 082-731-4879.
More
News
|