DIE Frank Pietersen Musieksentrum hou van 12 tot 16 Oktober hul jaarlikse oudisies vir plasing in 2010.
Enigeen wat belang stel om te sing of ’n musiekinstrument te bespeel, kan vooraf reël by die Frank Pietersen Musieksentrum se kantoor by 021-872-2123/4 (10:00 tot 16:00).
Veral laerskoolleerders word aangemoedig om van hierdie geleentheid gebruik te maak. Hoërskoolleerders en volwassenes is ook baie welkom.
Onderrig word gegee in alle simfonie-orkesinstrumente, klavier, blokfluit, jazz-instrumente, klassieke kitaar, orkestrale perkussie, Afrika perkussie, steelpans asook koorsang en individuele sangonderrig.