Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Konsert by Strooidakkerk

Konsert by Strooidakkerk
 
2009-10-01


DIE Boland Private Cellar-konsert met die Winelands Orchestra vind plaas op Sondagaand 4 Oktober om 20:00 in die Strooidakkerk in die Paarl.

Die nuutgestigte Winelands Orchestra is ’n gesamentlike onderneming van ervare, professionele musici wat ’n verbintenis tot, en ’n passie vir uitmuntende musiek deel.

Die groep beplan die uitvoering van ’n wye reeks werke, insluitend kamermusiek deur van die groot meesters, sowel as groter werke wat ’n volle simfonie-orkes benodig.

Die program bestaan uit ’n keur van ligte, populêre kamer-orkes werke wat wêreldwyd geliefd is onder musiekliefhebbers.

Dit sal onder andere insluit Adagio vir Strykers deur Samuel Barber, die St Paul Suite deur Gustav Holst, Concerto vir Oboe en Orkes No 2 deur Tomasso Albinoni, die Holberg Suite deur Edvard Grieg, en Eine Kleine Nachtmusik deur Wolfgang Mozart.

Carin Bam sal die soliste in die oboe-konsert wees. Die orkes word gedirigeer deur Bill Holland met Jürgen Schwietering as konsertmeester.

Besprekings kan gedoen word by Boland Kelders (Paarl) by 021-862-6190.




More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za