VROEG Donderdagogend 24 September het ek en my eggenote met ons dogtertjie (12 maande) na Paarl-Oos Hospitaal gehaas - as gevolg van ’n maagvirus en swak spysvertering was sy ook baie koorsig. Dit het nie lank geneem voordat ons gehelp was nie, waarna ons na die apteek toe is waar daar reeds baie pasiënte gewag het.
Om 10:00 het die apteek oopgemaak, en het ons gewag vir ons beurt. Intussen het sy baie ongemak verduur en was baie lastig. Tot ons verbasing het een van die aptekers met ’n glas water ons genader vir haar.
Hy het self so ver gegaan om haar te troos (kalmeer). Met die toestemming van die ander pasiënte is ons voorskrif ingeneem en met ’n hart vol van vreugde is ons baie gelukkig daar weg. Weereens is dit ’n bewys dat ’n passie in ons werk wonders kan verrig.