Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Sommiges word toegelaat om stutwalle aan te bring

Sommiges word toegelaat om stutwalle aan te bring
 
2009-10-01


NA aanleiding van ’n berig in Paarl Post val dit vir my vreemd op dat Drakenstein Munisipaliteit sommige Wellingtonse oewereienaars, wat bereid is om iets te doen om die walle te stut, beperk en/of verbied, terwyl ander wel toegelaat word.

Sommiges word selfs toegelaat om stutwalle aan te bring op eiendom wat nie eens in hulle besit is nie. Ek verwys na ’n potensiële ontwikkelaar wat die rivierwal agter die muurbalbane gestut het en na my mening sodoende ’n groter probleem vir die kompleks aan die oorkant van die rivier veroorsaak het.

Die kooptransaksie is nie afgehandel nie, maar die probleem is geskep en word nou gerieflikheidshalwe geïgnoreer.

So veroorsaak die stutwalle, deur die Munisipaliteit opgerig langs Pentzstraat se brug, ’n verstopping deurdat dit reeds ingeval het.

Die water wat opdam, veroorsaak erosie en skade hoër op, maar hieraan word ook niks gedoen nie.

Is hierdie nie ’n geval waar ’n effektiewe plaaslike owerheid in die naam van dienslewering ’n gesamentlike aksie kan loods eerder as om alle pogings te blokkeer nie?

D Brink




More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za