EK is deel van ’n gereelde groep stappers in ons mooi Vallei. Saterdagoggend 12 September het ons besluit om vir die eerste keer ná die bergbrande weer ’n slag die berg te stap vanaf KWV tot by Noorder-Paarl.
Wat twee van ons jong inwoners nie geweet het nie, is dat dit ’n gereelde oefenpad is vir stappers, drawwers en ook fietsryers.
Toe ons al ’n mooi entjie die steil bulte van die berg op is, het ons ’n donkerkleurige CJ VW Golfie geparkeer sien staan langs die pad. Ons was egter glad nie voorbereid op watter gesig ons daar sou begroet nie. Een van ons jong manne van die Paarl was oop en bloot op die agtersitplek besig om seks te hê met ’n meisie. Albei was poedelnakend en dit nogal terwyl die son al baie helder geskyn het.
Die dinge van ’n grootmens moet gelos word totdat jy ’n grootmens is – vir ná die huwelik.
Dankie tog die twee in die Golf het agtergekom dit raak ’n besige pad en het afgery gekom toe my seun en sy maats die berg bestyg. Ek bid vir julle!