EK is, net soos ander briefskrywers aan Paarl Post, lelik in die steek gelaat deur die Departement van Arbeid nadat ek in Februarie vanjaar my werk verloor het.
Ek het toe onmiddellik aansoek gedoen by die Departement van Arbeid te Paarl vir my UIF geld. Die persoon aan diens het vir my gesê dat my dokumente reg was en dat ek by die Gemeenskapsaal moet aanmeld om te teken, waarna dit drie maande sal duur voordat ek my geld kan kry.
Ek het op 24 Februarie en 1 April vanjaar geteken.
Toe ek vir die dame vra of dit my laaste keer is wat ek teken om my geld te kry, toe eers stel sy my in kennis dat daar ’n UIF vorm uitstaande is, dus sal ek nie my geld kry nie.
So met ander woorde as ek haar nie gevra het nie, sal ek aanmekaar verniet geteken het, onbewus van die probleem. Baie ontsteld het ek toe die nodige UIF vorm by my voormalige werkgewer verkry.
Ek het toe weer ’n datum gekry op 27 Mei wat vervolg het op 24 Junie. Toe ek dieselfde dame weer vra sê sy my geld sal oor vyf dae in my bankrekening betaal word en as die geld nog nie in was nie, dat ek op 24 Julie weer terug moet kom.
Weereens niks was inbetaal in my bankrekening nie. Ek is terug, waar hulle weer ’n vorm ingevul het en ek weer na vyf dae moes kyk of my geld in die bank is. As dit nie in is nie, moes ek op 19 Augustus weer terugkom.
Ek het toe gegaan waar ek vir die dame gevra het wat fout was. Sy sê daar is ’n UIF vorm uitstaande. Toe ek haar verduidelik, sê sy ek moet op 16 September weer kom. Toe sê die ander dame dat ek Vrydag 21 Augustus na hulle kantoor toe moet kom.
Toe ek die Vrydag daar kom sê die persoon aan diens vir my die persoon wat met die dokumente werk is af siek en dat ek Maandag 24 Augustus terug moet kom, want hy weet nie of sy al my dokumente weggestuur het nie.
Ek is Maandag toe daa ren tot my verbasing sal ek hoor my dokumente is nie reg nie. Die dame gee my toe ’n nuwe aansoekvorm wat beteken dat ek nog drie maande moet wag vir my geld.
Ek is nou raadop - die personeel by die Departement is onvriendelik en verwaand. Hulle doen nie hulle werk nie.
Ek is nou al vir die afgelope ses maande by die huis. Ek is werkloos en ek het skuld om te betaal.
Ek is op die swartlys, want ek kan nie my rekeninge betaal nie. Ek staan ’n kans om my besittings te verloor terwyl ek wag vir my UIF geld wat my toekom.
Ek is hoogs teleurgesteld met die Departement van Arbeid en weet nie meer watter kant toe nie. Candice RiegardtAziza Leitch, head of the Paarl office of the Department of Labour replies: Ms Riegaardt visited this Office on 14 September when she was informed that a payment was made to her during that week. The application must be back-dated to the first time when Ms Riegaardt visited this Office and a call was logged to our Head Office in Pretoria to backdate the date of application. Only Head Office possesses the authority to perform this function. We contact Ms Riegaardt every second day to keep her in the loop.