DIE pot vol liefdadigheid (Paarl Post 23/09/09) se sukses is aan baie mense te danke. Een van hulle is Estelle Traut wat vir die afgelope paar jaar betrokke is by fondsinsamelingsprojekte vir Rusoord.
Sy bak pasteie, sy kook rys (vir potjiekos), sy verkoop hoender-braaipakke, sy help met die Rystoeldag en vroue-oggendtee.
Sy vra haar vriendinne om poeier en sepies te bring vir haar verjaarsdag en skenk dit vir die bejaardes van Rusoord. Sy woon veilings by waar sy kombuistoerusting aankoop vir die ouetehuis.
Sy is ware vriendin, staatmaker en ’n ‘engel’ vir Rusoord se ou mensies. Dankie Estelle en al die ander vrouens wat jul harte oopmaak vir Rusoord.
Jou jong buurvrou