Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Wil jy aanbou? Dit gaan jou duur te staan kom

Wil jy aanbou? Dit gaan jou duur te staan kom
 
2009-10-08


ALLE huiseienaars wat dink aan aanbou: is julle bewus van die “Bulk Infrastructure Contribution Levy” wat deur Drakenstein Munisipaliteit gehef word vir enige aanbouing aan ’n bestaande woning?

Dit kan jou enigiets tussen R3 000 en R40 000 uit die sak jaag om ’n plan goedgekeur te kry (dit sluit die normale planondersoekfooie uit) en dit nog voordat jy enige boumateriaal gekoop het!

Die fooie word pro rata bereken op die totale oppervlakte van jou woning, stoepe en afdakke uitgesluit.

’n Gemiddelde woning met ’n totale oppervlakte van 250m² gaan vir ’n aanbouing (ongeag die grootte van die aanbouing) R9880 moet betaal.

Vir ’n aanbouing van meer as 120m² betaal jy die maksimum bedrag, ’n paar sent minder as R40 000! Let op dat as jy volgende jaar weer iets wil aanbou, betaal jy wéér op die totale oppervlakte!

Die probleem is nie die heffing op sigself nie, maar die manier waarop dit bereken word. Dis duidelik dat Paarl se infrastruktuur tot niet is en dat die Munisipaliteit dringend fondse moet kry: kyk net na die paaie en hoeveel pype kort-kort bars!

Feit is net - moet die handjievol eienaars wat nou byvoorbeeld ’n slaapkamer of motorhuis aanbou, daarvoor betaal? Hulle gaan in elk geval meer belasting betaal op die groter oppervlakte.

En is ons nie in elk geval geregtig op dienste vir dekking van tot 50% volgens die dorpsvoorwaardes nie?

Die beleid is destyds van Wellington Munisipaliteit oorgeneem met die samesmelting van die munisipaliteite. Dit is wel op ’n raadsvergadering bekragtig, maar nooit geadverteer vir publieke deelname nie. Die wettigheid van die beleid bly dus ’n ope vraag.

Hulle het wel nou ’n konsultant aangestel om te kyk na die formulering van die beleid, wat tog bewys hulle erken daar mag dalk ’n probleem wees!

Dit mag egter nog jare duur tot iemand met genoeg wysheid die ding behoorlik kan uitpluis. Intussen betaal ons maar die heffing óf ons bou net lugkastele.

Die hele boubedryf word negatief geraak deur die duur heffing: tekenaars, bouers, bouhandelaars, elektrisiëns, loodgieters, ens.

Die bouplanafdeling van die Munisipaliteit kan getuig hoe min planne deesdae ingedien word.

Verskeie navrae aan die Munisipaliteit word net telkens weer terug verwys na die beleid en dat dit ’n raadsbesluit was.

Was die lede van die raad bewus van presies hoe die beleid toegepas sou word en wat die gevolge daarvan sou wees voordat die beleid goedgekeur is?

Gaan ons dit net so aanvaar en maar betaal? Of het ons ook ’n sê?

Wil jy beswaar maak? SMS my jou e-pos adres asseblief na 083-415-2512

Elmine van Zyl




More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za