OP17 Oktober om 10:00 is Rooikappie en die Wolf te sien by die Ou Meul-teater.
Dié klassieke sprokie is tot ’n vermaaklike toneelstuk verwerk deur Gaerin Hauptfleisch. Soos in die sprokie dwaal Rooikappie van die pad af as sy medisyne vir haar siek ouma neem, en verdwaal in die bos. Hier kom sy nare Dolf, die woeste wolf teë, wat blitsvinnig ’n plan smee om haar en haar siek ouma as smaaklike happie te geniet, dalk met ’n sopie plantwortel jenewer, want hy hou daarvan so.
Kaartjies is R35 by Vicky Stemmet by 083-564-0056.