Barbies vat die pad
2009-10-08
DIE polisie op Wellington is op soek na enige inligting wat verband hou met die diefstal van duisende rande se poppe. Op die nag van 1 Oktober het diewe toegang verkry tot ’n stoor op die plaas Môrelig naby Wellington. Hulle het die pad gevat met ’n boks waarin sowat R15 000 se Barbie-poppe gebêre was. Die poppe maak deel uit van ’n versameling van die afgelope 13 jaar. Enigiemand met inligting kan vir insp Balie Cupido skakel by 021-864-9600.
More
News
|