`Lief-lief' deur Afrikaans op Wellington
2005-09-01
TWEE bekende akteurs, Joanie Combrink en Johann Nel, is môre by Hugenote Hoër, Wellington te sien in die gewilde woordkunsprogram, Lief-lief deur Afrikaans. Dis ’n “moet sien” vir almal wat lief is vir poësie, lief is vir Afrikaans en lief is vir die liefde! Die kaartjies kos R50 per persoon en sluit ’n ligte ete in. Belangstellendes kan die skool skakel by 873-2111 om plek te bespreek. Die program is onlangs in die Paarl aangebied en teleurgesteldes moes voor ’n vol saal omdraai. Dit is nou u kans om hierdie vertoning te geniet.
More
News
|