Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Bandesteker op vrye voet

Bandesteker op vrye voet
 
2009-10-08

Lise Beyers

DIE vermeende bandesteker van New­straat, Paarl, is weer op vrye voet.

Bruno Moyana, ’n Kongolees met vlugteling-status, is onlangs in hegtenis geneem nadat hy na bewering motorbande naby die gimnasium stukkend gesteek het van mense wat nie sy fooitjie betaal nie.

Volgens slagoffers is sy modus operandi om met ’n baie skerp, dun voorwerp gate in bande te steek. Dit veroorsaak dan ’n baie stadige lekkasie in die band wat eers die volgende dag opgelet word.

Talle motoriste het reeds in hierdie gebied deurgeloop.

Nadat ’n jong man ’n klag gelê het by die Paarl polisie is Moyana in Newstraat in hegtenis geneem. Hy is aangehou by die Paarl polisiestasie en behoorlik deursoek, maar geen voorwerp is in sy besit gevind wat vir hom kan koppel aan die bandestekery nie. Die polisie het dus geen keuse gehad as om hom weer vry te laat nie.

Enigiemand wat daadwerklike getuienis het wat vir Moyana aan hierdie vandalisme kan koppel, moet vir die Paarl polisie skakel by 021-807-4000, of die middedorp sektorvoertuig op 082-379-4735.

* The alleged tyre-slasher of New Street is out and about again.




More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za