Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Man beroof toe hy motor verkoop

Man beroof toe hy motor verkoop
 
2009-10-08


’n MAN wat sy motor wou verkoop, is lelik ingeloop, toe hy deur ’n voornemende koper beroof is.

Lesdigo Brown ry die afgelope ruk rond met ’n “te koop” teken op die agterruit van sy motor.

Verlede Vrydag het hy ’n oproep ontvang van ’n Xhosa-sprekende man wat graag die motor van nader wou bekyk.

Hulle het afgespreek om in die Paarlse Hoofstraat te ontmoet naby Lady Grey- ­straat.

Die voornemende koper het vir Brown gevra of hy saam met hom in die motor kan ry om dit te toetsbestuur.

So is hulle daar weg en het uiteindelik by Lady Greystraat afgery.

Die man was beïndruk met die voertuig en het vir Brown gesê dat hy sal gaan geld trek by ’n bank om die motor te koop en het vir hom aangedui om in Bredastraat stil te hou naby Shoprite.

Die man het uitgeklim en weggestap, maar kort hierna het twee ander mans vir Brown genader terwyl hy in sy motor gesit en wag het.

Hulle het vir hom gedreig en aangedring dat hy sy waardevolle besittings oorhandig. Met dié het die voornemende koper homself ook by hulle aangesluit en saam met die mans vir Brown beroof.

Hulle is daar weg met sy beursie, selfoon en juwele.

Niemand is tot dusver in hegtenis geneem in verband met die voorval nie.

* A man was robbed when he tried to sell his car.




More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za