Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Kredietkaartbedrieërs woel in die Paarl

Kredietkaartbedrieërs woel in die Paarl
 
2009-10-08

Lise Beyers

KREDIETKAARTBEDRIËRS is steeds besig om te woel in die Paarl.

Daar is reeds verskeie kere in die verlede berig oor skelms wat met gesteelde kredietkaarte inkopies hier kom doen, en steeds kom hulle met hul streke weg.

Vroeër vanjaar is ’n egpaar van Kaapstad in die Paarl in hegtenis geneem met 12 gesteelde kredietkaarte in hul besit.

Vandeesweek is ’n paar kredietkaartbedrieërs egter op heterdaad betrap, nadat hulle meer as ’n duisend rand se goedere gekoop het met gesteelde kredietkaarte.

’n Op-en-wakker winkeleienaar het die polisie in kennis gestel nadat hy drie mans opgelet het wat by talle winkels in Lady Greystraat inkopies doen.

Hy kon ’n beskrywing van hul motor aan die polisie gee, en so is hulle vinnig afgetrek en hul voertuig deursoek.

Die kattebak was gelaai met inkopiesakke vol kruideniersware, klere en babadoeke. En in hul besit is gesteelde kredietkaarte gevind.

Dinsdagmiddag is nog ’n man in hegtenis geneem nadat hy ’n groot hoeveelheid brandstof gekoop het met ’n gesteelde kredietkaart by ’n motorhawe naby die Paarl Mall.

Personeel het onraad vermoed toe die man van Khayelitsha kanne vol petrol laat tap het. Toe die man wegry, het hulle die voorval by die polisie aangemeld, en hulle kon ’n beskrywing van die motor, asook die registrasie daarvan, aan hulle gee.

Toe die polisie die registrasienommer nagaan, het dit nie ooreengestem met die beskrywing van die motor nie.

Nadat ’n noodsein uitgereik is aan ander polisievoertuie om op die uitkyk te wees vir die motor, het lede van die polisie die motor afgetrek naby Mbekweni.

’n Woordvoerder van die polisie, kapt Louise du Plessis, het die publiek gemaan om uiters noukeurig te wees wanneer hulle kredietkaartbetalings ontvang.

“Maak seker dat die handtekening op die strokie ooreenstem met dié van die kaart. En as daar hoegenaamd enige twyfel bestaan oor die geregtelike eienaar daarvan, moet die kliënt gevra word om identiteit te toon.”

* Credit card fraudsters are targeting shops in Paarl.


More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za