Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Vermeende hondesmous vasgevat

Vermeende hondesmous vasgevat
 
2009-10-08

Lise Beyers

’n VERMEENDE hondesmous van Wellington is verlede week aangekla weens onreëlmatighede in haar bedryf.

Die Wellington Dierebeskermingsvereniging (DBV) het onlangs ’n lasbrief bekom om Yolandi du Plessis, ook bekend as Lulu Swiegelaar, se erf in Generaal Hertzoglaan, Berg-en-Dal, te inspekteer.

Met die hulp van die polisie is die perseel gefynkam en daar is beslag gelę op twee klein poedels en verskeie houers met voorgeskrewe dieremedikasie.

Hierdie optrede kom ná ’n jarelange ondersoek deur die DBV oor Du Plessis se bedenklike sake.

Hulle het reeds talle klagtes van die publiek ontvang oor honde wat na bewering by Du Plessis aangeskaf is en wat nie opreg is soos wat sy aangemeld het nie.

Eers nadat die hondjies na hul nuwe tuiste toe is, is daar agtergekom dat verskeie van hulle sieklik was.

Alhoewel Du Plessis nie self ’n teler is nie, het sy glo werpsels aangeskaf en hulle dan weer in die media geadverteer en vir ’n stewige wins verkoop. Volgens die DBV is hierdie hondjies in haar agterplaas in haglike toestande aangehou.

Die senior inspekteur van die Wellington DBV, Chris Theron, het gesę dat daar talle slagoffers van Du Plessis is wat bereid is om te getuig teen haar hondesmousery.

“Bo en behalwe die feit dat Du Plessis skuldig bevind kan word aan dieremishandeling, word sy vir verskeie ander klagtes ook aangekla. Geskeduleerde medisynes vir die behandeling en inenting van honde is op haar perseel gevind en sy het self inentingsertifikate uitgereik.

“Die publiek moet uiters waaksaam wees wanneer hulle troeteldiere aanskaf. Kontak eers vir ons of ’n geregistreerde teler. Moet ook nooit vooraf geld betaal vir ’n dier wat jy nog nie goed bekyk het nie.

“En vir die gesondheid van die dier, maak seker dat dit wel deur ’n veearts ingeënt is. Veral jong hondjies is baie vatbaar vir siektes en indien hulle nie behoorlik ingeënt word op ’n jong ouderdom nie, kan hulle sterf.”

Christine van Wyk, ook van die Wellington DBV, maan die publiek om nie diere van die straat af te koop nie.

“Veral in die omgewing van Klapmuts word hondjies verkoop, en diegene wat die honde koop, skep ’n mark vir mense om diere te teel en te verkoop.

“Dit vind dan in haglike omstandighede plaas, met ’n teef-hond wat as ‘fabriek’ gebruik word.”

* The SPCA has laid a complaint against an allegedly dodgy dog dealer from Wellington.




More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za