Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Vragmotor tref tolhek

Vragmotor tref tolhek
 
2009-10-08

Sieb Sieberhagen

VROEG Donderdagoggend verlede week moes een van die tolhekbeamptes, Marané Jacobs (24), by die Hugenote tolhek blitsig dink en koes vir haar lewe toe sy sien dat ’n swaargelaaide vragmotor op haar afpyl, op pad om die betaalhuisie waar sy aan diens was, uitmekaar te ry.

Kollega Charlene Fortuin, wat in die betaalhuisie langs Marané aan diens was, kon betyds by haar huisie uitkom, maar Marané was vasgekeer en moes platval. Wonderbaarlik het sy feitlik ongedeerd daarvan afgekom. Albei word sedertdien vir post-traumatiese stres behandel.

Marané vertel dat hulle die oggend 06:00 met hul skof begin het.

“Toe ek opkyk, was die vragmotor reg op my. Al wat ek kon doen, was om plat te val,” het ’n bewerige Marané vandeesweek gesê.

Die versterkte basis van die tolhuisie was haar redding, sê Eric Eksteen, bestuurder van Tuncor Services: “Nadat ons na die video gekyk het, het ons gesien dat sy afgebuk het voordat die vragmotor die huisie getref het. Die versterkte onderste gedeelte van die betaalhuisie het vir dié wonderwerk gesorg. Indien sy uitgehardloop het, sou sy nie so gelukkig gewees het nie.”

“Gelukkig is niemand ernstig beseer nie. Sy het net ’n ligte kneusplek op een van haar arms opgedoen.

“Ons doen alles in ons vermoë met berading om haar vir die skok te behandel.

“Die vragmotor, wat swaar papierrolle vervoer het, se remme het vermoedelik oorverhit. Gelukkig is daar buffers voor die betaalhuisies wat die voertuig keer indien so iets sou gebeur. Die vragmotor is daardeur gestuit, maar die momentum was groot genoeg dat hy deurbeweeg het en die bokant van die betaalhuisie flenters gery het.

“Die motor voor die vragmotor is vorentoe gestamp, maar daar was gelukkig nie ernstige skade nie. Die bestuurder het ongedeerd daarvan afgekom,” sê hy.

Rudie van Rensburg, depotbestuurder van Goldfields Logistics, sê dat Jackson Jwara, die bestuurder van die voertuig, vir hom gesê het dat die remme onklaar geraak het.

“Dit het glo onklaar geraak op die plek waar bestuurders kan afdraai na die sandput in die geval van nood.

“Aangesien hulle daar besig is met padwerke kon hy nie daarvan gebruik maak nie. Al opsie was om toe teen die buffer te bots,” sê hy.

In reaksie hierop sê Eksteen dat vragmotorbestuurders veronderstel is om na die laagste rat oor te skakel voordat hulle die afdraand vat na die tolhek.

“Met die padwerke wat tans aan die gang is, is motoriste ook verplig om by die spoedgrense te hou. Daar is ook ’n noodlaan op die linkerkant wat altyd vir vragmotors beskikbaar is indien hulle probleme sou ondervind.

“Op hierdie gedeelte van die pad word gereeld snelstrikke gehou en die boetes is nie lig nie. Maar tog is daar steeds vragmotorbestuurders wat die spoedgrens oorskry. Indien vragmotors ’n swaar vrag op het, kan bestuurders hulle maklik misgis met die momentum,” sê hy.

* A toll booth operator was lucky to survive when a runaway truck hit her booth.




More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za