Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Plaaslike sanger sing groot prys los

Plaaslike sanger sing groot prys los
 
2009-10-08


’n BEKENDE Paarlse sanger, Sidwell Beziek (29), het onlangs die groot prys tydens die Wynland Barnyard Talentkompetisie voor honderde ander deelnemers weggeraap.

Die kompetisie is in die Willowbridge Barnyard Theatre gehou.

Sidwell, ’n student van die Mimi Haasbroek Sangskool, sing reeds vir elf jaar en het reeds aan verskeie sangkompetisies deelgeneem.

Dié talentvolle sanger is nie net as die algehele wenner aangewys nie, maar het ook eerste plek behaal in sy ouderdomsgroep (19 tot 35 jaar).

“Dit is ’n ongelooflike ervaring. Dit was so ’n lank pad van kompetisies en optredes en nou kan ek die vrugte daarvan pluk. Dis net ongelooflik.”

As die wenner van die kompetisie het Sidwell weggeloop met kontantpryse, hy gaan ’n musiekvideo laat maak en is tans besig met opnames vir die program Reik na die Sterre wat op kykNET te sien sal wees.

“Ek het verskeie bekende sangers ontmoet, soos vir Sasha-Lee en Heinz Winckler. Alles is soos ’n droom,” het Sidwell opgewonde gesê.

Mimi Haasbroek is net so trots op haar student.

“Die beoordelaars het gesê daar is niemand wat hulle al gesien het wat so dankbaar is om die wenner te wees soos Sidwell nie,” spog Haasbroek.

Vuyo Sosi, ook ’n student by dié sangskool, het tydens die kompetisie die derde plek in die junior kategorie behaal.

Die publiek kan op 5 Desember vir Sidwell sien op die kykNET program, Reik na die Sterre.

Indien jy ’n kunstenaar soek om op te tree of vir navrae oor die sangskool, kontak Mimi Haasbroek by 082-585-0632.




More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za