OP 27 Oktober om 19:00 word ’n veiling ten bate van Rusoord-ouetehuis aangebied by Simondium Country Lodge deur Fees Idees.
Ingrid Wolfaardt, ’n bekende Paarlse persoonlikheid, sal die afslaer wees van ’n wye verskeidenheid van kuns, wyn, klere en alles wat mooi is. Die meer as 60 spesialiteits-uitstallers wat by die Fees Idees-skou gaan uitstal tussen 28 Oktober en 1 November, sal elkeen ’n unieke item skenk wat opgeveil gaan word. Die bydraende ondernemings sluit in Art on Five, Eccentric Trading, Baraka, Hoity Toity, Blue Rose, Wild Orchird, Izibini, Fairview, Juno en Die Blikplek.
Kontak Wilna Rabe by 021-874-1046.