DIE volgende vergadering van die Paarl Diabetes-ondersteuningsgroep vind plaas op Woensdag 21 Oktober om 19:00 in die Holy Trinity-saal (oorkant Droomers Motors), Hoofstraat, Paarl.
Die onderwerp is dieet-etikettering en die sprekers is Hilda Waldberg en Marike Goosen. Bring enige diabeet of metgesel en belangstellendes saam om die vergadering by te woon. Toegang is gratis.
Op Woensdag 13 November word die volgende ope dag gehou, met gratis bloedglukosetoetse. Vir navrae, kontak suster Kamaretha Beckert by 021-871-1808 of Gerrit Malan by 021-871-1389.