Sportdagboek|Sport Diary
2009-10-08
BOLAND MARATHON CHAMPS
The 2009 Boland Marathon Championships will take place on 21 November as part of the 32nd Winelands Marathon that will take place at the Markötter Stadium in Stellenbosch. Online entries (www.mrpricesport.co.za) close 12 November.
CYCLING
The Engen Dynamic Cycle Challenge (EDCC) returns to Wellington for a second year, and is scheduled to take place on Saturday 10 October at the Nelson’s Creek Wine Estate. For more information, visit www.cyclelab.co.za.
FUN RUN AND WALK
The Gathering Wholeness Centre 5 km Fun Walk & 10km Fun Run is on Saturday 10 October at 35 Orleans Avenue, New Orleans, at 08:00. Registration forms are available at the church office. Entries are R25 (R15 per scholar). Groups of 10 persons or more will get a discount. Contact Colin at 082-487-4671.
GHOLF
* Die 32ste Winelands Classic, die grootste amateurgholftoernooi in die land, word aangebied vanaf Saterdag 10 Oktober tot Saterdag 17 Oktober by Paarl Gholfklub. Kontak 021-863-1140 of e-pos manager@paarlgolfclub.co.za.
* Young Gardens Rugbyklub bied môre (9 Oktober) sy jaarlikse gholfdag aan by Paarl Golfklub. Inskrywingsgeld is R1600 per vierbal. Persoonlikhede wat die dag saam gaan geniet is, Peter de Villiers, Chester Williams, Ranfred Dazel en Garth Thomas. Daar sal die aand ook ’n veiling wees van sportmemorabilia en kunswerke van drie plaaslike kunstenaars (Selwyn Pekeur, Kerwin Cupido en Frank Ross). Kontak Mario by 082-380-2680 of e-pos mwwilliams@telkomsa.net.
KUSHENGEL
Paarl Kushengelklub se liga-kompetisie vind Saterdag 17 Oktober in Arniston (L’Agulhas) plaas (07:00-16:00). Enige belangstellendes kan vir Gerrit van Niekerk kontak by 083-259-4310.
KRIEKET
Young Peoples skop Saterdag die 2009/2010 krieketseisoen af met ’n weg-wedstryd teen Worcester United in die 45-boulbeurt-kompetisie. Peoples II speel weg teen Wellington II op die Pen Basson-veld. Wedstryde begin 10:30. Die derde-span se eerste wedstryd is op 17 Oktober.
MUURBAL
Paarl Muurbalklub se algemene jaarvergadering, asook die finale van die klubkampioenskappe, vind 24 Oktober plaas, met die dames-finaal 17:00, die mans-finaal 18:00 en die jaarvergadering 19:00. Op 25 Oktober bied Paarl klub die Boland Juniorproewe aan (08:00 tot 18:00).
RUGBY
* Die Boland Sentraal Klubsewes-toernooi vind Dinsdag 13 Oktober plaas te Boland-stadion vanaf 19:00. Klubs soos Roses, Wellington, Hillcrest, Newtons, Villagers, Evergreens, Young Blues en Adelaars, sal in aksie wees. Toegan is gratis. Kontak 083-358-1784.
* Die algemene jaarvergadering van die Paarl Rugbykode vind Woensdag 14 Oktober (19:00) te Huguenot Gemeenskapsaal plaas. Alle klubs moet teenwoordig wees. Skakel die sekretaris by 082-731-4879.
* Laer Paarl (Blues) hou Saterdag (10 Oktober) sy bekeruitdelingdans om 19:00 in die gemeenskapsaal. Kaartjies is R60 p/p.
* Roses United hou hul bekeruitdeling op 30 Oktober (19:00) in die Wellington Stadsaal. Kaartjies is verkrygbaar by die bestuurslede (R100 p/p).
* Vineyards Rugbyklub hou 17 Oktober sy bekeruitdeling by die Paarl Rugbyklub (R40 p/p). Kontak Aslam (083-234-3988).
* Allandale Rugbyklub se jaareindfunksie en bekeruitdeling vind op 24 Oktober (19:00) plaas te Drakenstein gevangenis teen R75 p/p. Kontak 021-864-8000.
SUMMER SERIES
Maties Atletiek bied Saterdag die Coetzenburg Summer Series aan, vanaf 09:00 tot 13:00. Alle atlete word uitgenooi. Deelnemingsfooie is R10 vir alle atlete.
SWEM
Die Paarl Aquarius Swemklub begin eerskomende Maandag met sy Learn to Swim-program by die Drakenstein swembad (Paarl-Oos). Oefeninge sal Maandae, Woensdae en Vrydae om 17:00 plaasvind. Kompetisie-swemmers het Dinsdag begin oefen. Kontak Nazli by 073-184-9627.
More
News
|