DIE depressie- en angsondersteuningsgroep vind plaas op Maandag 12 Oktober om 19:00 in die lesinglokaal van die Sereno Kliniek, op die hoek van Berlyn- en Optenhorststraat, Paarl.
Die doel is om ondersteuning te bied aan persone van alle ouderdomsgroepe wat depressie en angs ervaar, persone in hul herstelfase en gesinslede wat ondersteuning bied. Die bespreking fokus op selfhelpvaardighede en word gefasiliteer deur Christo Visser en Mientie Kroukamp.
Kontak 021-872-4324 of 021-870-1186.